/
VOORBEREI OP VERANDERING VOORBEREI OP VERANDERING

VOORBEREI OP VERANDERING - PowerPoint Presentation

nephewhers
nephewhers . @nephewhers
Follow
343 views
Uploaded On 2020-07-01

VOORBEREI OP VERANDERING - PPT Presentation

Les 3 vir 20 April 2019 Voorbereiding vir verandering Voorbereiding vir die huwelik Voorbereiding vir ouerskap Voorbereiding vir oudword Voorbereiding vir ID: 791592

van die ons vir die van vir ons nie het god dat voorbereiding word wat sal aan kan met

Share:

Link:

Embed:

Download Presentation from below link

Download The PPT/PDF document "VOORBEREI OP VERANDERING" is the property of its rightful owner. Permission is granted to download and print the materials on this web site for personal, non-commercial use only, and to display it on your personal computer provided you do not modify the materials and that you retain all copyright notices contained in the materials. By downloading content from our website, you accept the terms of this agreement.


Presentation Transcript

Slide1

VOORBEREI OP VERANDERING

Les 3

vir

20 April 2019

Slide2

Voorbereiding vir veranderingVoorbereiding

vir

die huwelikVoorbereiding vir ouerskapVoorbereiding vir oudwordVoorbereiding vir die dood

Ons lewens word gewoonlik deur roetine en siklusse gedryf. Maar soms verander dinge en die roetines word gewysig. Die veranderinge kan óf onverwags of voorsienbaar wees.Kom ons kyk hoe die Bybel kan help om voor te berei vir die veranderinge, veral die voorsienbare.

Slide3

VOORBEREIDING VIR VERANDERING“Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”

(1

Korinthiërs 10:11)Kan ons behoorlik voorberei vir enige verandering?Ja, ons kan voorberei—hoewel ons dalk misluk wanneer ons spesifieke veranderinge ondervind, omdat ons nie volmaak is nie.Die sleutel is die aankweek van 'n daaglikse verhouding met God. Op dié manier sal ons met geloof en vertroue veranderinge in die gesig staar. Ons sal bereid wees om God te gehoorsaam, ongeag die omstandighede of die versoekings wat daaruit kom.Paulus het die verhaal van Israel in die woestyn onthou. Hoe het hulle die gebrek aan drinkwater, Moses se afwesigheid, of die Moabitiese vroue se uitnodiging hanteer? (1 Korinthiërs 10:1-13).

Slide4

VOORBEREIDING VIR VERANDERING“Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.”

(1

Korinthiërs 10:11)Daar is voorbeelde in die Bybel van mense wat positief en negatief reageer op onverwagte veranderinge:

Slide5

VOORBEREIDING VIR DIE HUWELIK“

Wie ‘n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ‘n welgevalle van die HERE verkry

.” (Spreuke 18:22)Die meeste mense trou—hoewel nie almal dit doen nie. Die Bybel hanteer hierdie onderwerp in die heel eerste bladsye (Genesis 2:24).Die huwelik bring 'n man en 'n vrou saam in 'n enkele entiteit. Daardie verhouding is sterker as die een met ons ouers of enigiemand anders, maar maak dit nie ongedaan nie.Die eerste stap in die voorbereiding vir die huwelik is om die ideale persoon te word. Die tweede stap is om na ons ideale vennoot te soek.

Slide6

VOORBEREIDING VIR DIE HUWELIK

Wie ‘n vrou gevind het, het iets goeds gevind en ‘n welgevalle van die HERE verkry.” (Spreuke 18:22)Bestudeer die volgende gedeeltes en vra jouself die volgende vrae oor jou toekomstige vennoot. Sal jy ook hierdie toets as toekomstige vennoot slaag?

Slide7

“Laat 'n jong vrou slegs 'n lewensmaat aanvaar wat suiwer, manlike karaktereienskappe het, een wat ywerig is, aspirerend en eerlik, een wat God liefhet en vrees. Laat 'n jongman soek vir een aan sy sy om haar deel van die lewe se laste te dra, een wie se invloed hom sal verfraai en verfyn, en wie hom gelukkig sal maak in haar liefde.”E.G.W. (Messages to Young People, cp. 148, p. 435)

Slide8

VOORBEREIDING VIR OUERSKAP“Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.” (

Spreuke

22:6)Die geboorte van 'n kind is 'n radikale verandering vir die ouers. Geluk, verantwoordelikheid, verwarring…Maak nie saak hoeveel kinders nie, elkeen is spesiaal en uniek, 'n geskenk van God, of jy dit glo of nie (Psalm 127:4).Hoe kan ons volgens die Bybel voorberei vir ouerskap?1 Samuel 1:27. Bid altyd vir hom / haar, selfs voor die swangerskapRigters 13:7. Kyk dat jy ‘n gesonde dieet volg tydens swangerskap, en hou dit vol selfs ná geboorteLukas 1:6. Bly weg van sondeLukas 1:41. Vra vir die leiding van die Heilige GeesLukas 1:46-47. Dank God vir die gawe van hierdie nuwe leweLukas 1:76. Jou hoofdoel moet wees om jou kind op 'n manier groot te maak dat hy / sy 'n ware seun of dogter van God word

Slide9

“Op beide vaders en moeders rus die verantwoordelikheid van die kind se vroeër en latere ontwikkeling, en vir albei ouers is die vraag na sorgvuldige en deeglike voorbereiding noodsaaklik. Voordat hulle die verantwoordekikheid van vaderskap en moederskap opneem, moet mans en vroue hulle vergewis van die wette van fisiese ontwikkeling—met verwysing na die fisiologie en higiëne, met die invloed van voorgeboortelike invloede, met die wette van oorerwing, netheid, kleding, oefening en die behandeling van siekte; hulle moet ook die wette van geestelike ontwikkeling en morele ontwikkeling verstaan.”E.G.W. (Child Guidance, cp. 8, p. 63)

Slide10

VOORBEREIDING VIR OUDWORD“En dink aan jou Skepper in die dae van jou jonkheid voordat die ongelukkige dae kom en die jare aanbreek waarvan jy sal sê: ‘Ek het daar geen behae in nie.’” (

Prediker

12:1)Die voorbereiding vir oudag begin gedurende die jeug.Die gewoontes wat gedurende die jeug en volwassenheid verwerf word, het 'n impak op die manier waarop ons ons ouddag sal leef.Volgens Psalm 71, hoe kan ons ons voorberei vir oudword?Ken God op 'n persoonlike en diep manier (v. 1-7)Verkryging van goeie gewoontes:Vertrou op God (v. 3)

Verheerlik (v. 6)Hoop (v. 14)Passie vir die sending (v. 15-18)

Slide11

“Dawid het opgemerk dat hoewel die lewens van baie in hul jonkheid regverdig was; hul selfbeheersing verloor soos hul ouer word. Satan het gekom en hul gedagtes verlei en hul so rusteloos en ontevrede gemaak. Hy het gesien dat baie bejaardes deur God verlaat voel en blootgestel word aan die bespotting en verwyte van vyande. David het geweldig bewoë geword; hy was bekommerd om oud te word. Hy het gevrees dat God hom sou verlaat en dat hy so ongelukkig sou wees soos ander bejaardes wat hy waargeneem het, en oorgelaat sou word aan die smaad van die Here se vyande. Met hierdie las op hom bid hy ernstig: "Verwerp my nie in die tyd van die ouderdom nie, verlaat my nie as my krag gedaan is nie. o God, U het my geleer van my jeug af, en tot nou toe verkondig ek u wonders. En ook tot die ouderdom en die grysheid toe—o God, verlaat my nie, totdat ek aan die volgende geslag u arm verkondig, aan almal wat sal kom, u mag.” Psalm 71: 9, 17, 18. David voel die noodsaaklikheid om te waak teen die euwels wat wag in die oudag.”E.G.W. (Testimonies for the Church, vol. 1, cp. 77, p. 423)

Slide12

VOORBEREIDING VIR DIE DOOD“Want die lewendes weet dat hulle moet sterwe.”

(Prediker 9:5)Niemand kan ooit voorbereid wees vir ‘n skielike dood nie (óf eie of ‘n geliefde). Dit is moeilik om die dood te aanvaar, selfs al verwag ons dit.Nietemin kan ons sonder vrees dit tegemoet gaan as ons deurentyd deur die geregtigheid van Christus bedek is (Romeine 4:7).

Toe Dawid naby die dood was, het hy seker gemaak dat hy die beste nalatenskap los: hy beveel sy seun om God se weg te volg (1 Konings 2:1-3).Onthou dat Jesus die dood reeds oorwin het (1 Korinthiërs 15:54-55).

Die dood is onvermydelik vir elke mens tot die wederkoms

(Genesis 3:19).

Slide13

“Ons het nie 'n oomblik om te mors in die verwaarlosing van die groot verlossing wat vir ons bewerk is nie. Die genade tyd van die siele kom tot 'n einde. Van dag tot dag word die lot van die mense verseël, en selfs in hierdie gemeente weet ons nie hoe gou baie hul oë sal sluit in die dood en in die graf wees nie. Ons moet nou besef dat ons lewe vinnig verbygaan, dat ons nie een oomblik veilig is nie, tensy ons lewe met Christus in God verborge is nie.”E.G.W. (Selected Messages, vol. 1, cp. 23, p. 189)