/
Storm  Blou STORM BLOU 1.	Storms bars los oor ons lewens agv direkte demoniese aanslag. Storm  Blou STORM BLOU 1.	Storms bars los oor ons lewens agv direkte demoniese aanslag.

Storm Blou STORM BLOU 1. Storms bars los oor ons lewens agv direkte demoniese aanslag. - PowerPoint Presentation

opelogen
opelogen . @opelogen
Follow
345 views
Uploaded On 2020-08-28

Storm Blou STORM BLOU 1. Storms bars los oor ons lewens agv direkte demoniese aanslag. - PPT Presentation

MATTHÉÜS 82327 AFR53 EN toe Hy in die skuit klim het sy dissipels Hom gevolg En daar het n groot storm op die see gekom sodat die skuit toe was onder die golwe maar Hy was aan die slaap Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê Here red ons ons vergaan ID: 810258

het die nie van die het van nie ons hulle afr53 storm wat aan skip met toe maar handelinge

Share:

Link:

Embed:

Download Presentation from below link

Download The PPT/PDF document "Storm Blou STORM BLOU 1. Storms bars lo..." is the property of its rightful owner. Permission is granted to download and print the materials on this web site for personal, non-commercial use only, and to display it on your personal computer provided you do not modify the materials and that you retain all copyright notices contained in the materials. By downloading content from our website, you accept the terms of this agreement.


Presentation Transcript

Slide1

Storm

Blou

Slide2

STORM BLOU

1. Storms bars los oor ons lewens agv direkte demoniese aanslag.

Slide3

MATTHÉÜS 8:23‭-‬27 AFR53

EN toe Hy in die skuit klim, het sy dissipels Hom gevolg. En daar het 'n groot storm op die see gekom, sodat die skuit toe was onder die golwe; maar Hy was aan die slaap. Daarop kom sy dissipels en maak Hom wakker en sê: Here, red ons, ons vergaan!

Slide4

MATTHÉÜS 8:23‭-‬27 AFR53

En Hy sê vir hulle: Waarom is julle bang, kleingelowiges? Toe staan Hy op en bestraf die winde en die see, en daar het 'n groot stilte gekom. En die manne het hulle verwonder en gesê: Wat vir 'n mens is Hy, dat selfs die winde en die see Hom gehoorsaam is?

Slide5

STORM BLOU

Gr:

groot

storm:

seismos

(

sice-mos

) a commotion, a gale force wind, an earthquake.

Slide6

STORM BLOU

2. Storms dreun na ons agv ons eie ongehoorsaamheid aan die Here.

Slide7

JONA 1:1‭-‬5 AFR53

EN die woord van die Here het gekom tot Jona, die seun van Amíttai, en gesê: Maak jou klaar, gaan heen na die groot stad Ninevé en preek daarteen, want hulle boosheid het opgestyg voor my aangesig. Maar Jona het hom klaargemaak om na Tarsis te vlug, van die aangesig van die Here af weg; en hy het na Jafo afgegaan en 'n skip gevind wat na Tarsis sou vaar.

Slide8

JONA 1:1‭-‬5 AFR53

En hy het die reisgeld daarvoor betaal en daarin geklim om saam met hulle na Tarsis te vaar, van die aangesig van die Here af weg. Maar die Here het 'n sterk wind op die see gewerp, en toe daar 'n groot storm op die see ontstaan, het die skip gevaar geloop om skipbreuk te ly.

Slide9

JONA 1:1‭-‬5 AFR53

Toe word die seeliede bang — hulle het elkeen tot sy god geroep en die lading wat in die skip was, in die see gegooi om vir hulle verligting aan te bring. Maar Jona het na die onderste dele van die skip afgeklim en daar gaan lê en vas aan die slaap geraak.

Slide10

STORM BLOU

3. Storms kan ook veroorsaak word agv ander mense se nalatigheid.

Slide11

HANDELINGE 27:1‭-‬3 AFR53

EN toe daar besluit is dat ons moes wegvaar na Italië, het hulle Paulus en sommige ander gevangenes oorgegee aan 'n hoofman oor honderd van die keiserlike leërafdeling, met die naam van Július. En nadat ons in 'n skip van Adramíttium gegaan het met die doel om by die aanlegplekke in Asië aan te gaan,

Slide12

HANDELINGE 27:1‭-‬3 AFR53

het ons afgevaar, en Aristárchus van Macedónië, 'n man van Thessaloníka, was saam met ons. En die volgende dag het ons by Sidon aangekom. En Július het Paulus mensliewend behandel en hom toegelaat om vriende te besoek en versorging te ontvang.

Slide13

HANDELINGE 27:9‭-‬25 AFR53

En omdat 'n geruime tyd verloop en die skeepvaart al gevaarlik geword het en die vastyd ook al verby was, het Paulus hulle gewaarsku en gesê: Manne, ek sien dat die reis met ramp en groot skade verbonde sal wees, nie alleen vir die vrag en die skip nie, maar ook vir ons lewe.

Slide14

HANDELINGE 27:9‭-‬25 AFR53

Maar die hoofman oor honderd het meer aan die stuurman en die eienaar van die skip geglo as aan die woorde van Paulus; en omdat die hawe nie geskik was om daar te oorwinter nie, het die meerderheid aangeraai om ook daarvandaan af te vaar en indien moontlik Fenix te bereik om te oorwinter, 'n hawe in Kreta wat ooplê na die suidweste en na die noordweste.

Slide15

HANDELINGE 27:9‭-‬25 AFR53

En toe die suidewind saggies waai, het hulle gedink dat hulle hul voorneme kon uitvoer en die ankers gelig en langs Kreta verbygeseil. Maar nie lank daarna nie het 'n stormwind wat Euroklídon genoem word, daarvandaan neergeslaan. En toe die skip meegesleep is en nie teen die wind op kon seil nie, het ons dit opgegee en weggedrywe.

Slide16

HANDELINGE 27:9‭-‬25 AFR53

En toe ons onderkant 'n eilandjie kom wat Clauda genoem word, kon ons met moeite die sleepbootjie onder beheer hou. En nadat hulle dit opgetrek het, het hulle gebruik gemaak van hulpmiddels deur die skip onderom te gord; en omdat hulle bang was om op die Sirtis te lande te kom, het hulle die seile neergehaal; en so het hulle dan weggedrywe.

Slide17

HANDELINGE 27:9‭-‬25 AFR53

En terwyl ons geweldig deur die storm geteister is, het hulle op die volgende dag van die vrag uitgegooi; en op die derde dag het ons met ons eie hande die skeepsgereedskap uitgegooi. En omdat die son en ook die sterre baie dae lank nie geskyn het nie, en 'n hewige storm ons gedruk het, is eindelik alle hoop om gered te word, ons ontneem.

Slide18

HANDELINGE 27:9‭-‬25 AFR53

En nadat hulle lank sonder ete was, het Paulus in hul midde opgestaan en gesê: Manne, julle moes na my geluister en nie van Kreta afgevaar het nie en julle so hierdie ramp en skade bespaar het. Maar nou vermaan ek julle om moed te hou, want daar sal hoegenaamd geen verlies van lewe onder julle wees nie, maar alleen van die skip.

Slide19

HANDELINGE 27:9‭-‬25 AFR53

Want daar het in hierdie nag by my gestaan 'n engel van die God aan wie ek behoort, wat ek ook dien. En hy het gesê: Moenie vrees nie, Paulus; jy moet voor die keiser staan, en kyk, God het aan jou geskenk almal wat saam met jou vaar. Daarom, hou moed, manne; want ek glo God dat dit so sal wees soos aan my gesê is.

Slide20

STORM BLOU

4. Storms kan deurstaan word deur jou huis op die rots te bou.

Slide21

MATTHÉÜS 7:24‭-‬29 AFR53

Elkeen dan wat na hierdie woorde van My luister en dit doen, hom sal Ek vergelyk met 'n verstandige man wat sy huis op die rots gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm, en dit het nie geval nie, want sy fondament was op die rots.

Slide22

MATTHÉÜS 7:24‭-‬29 AFR53

En elkeen wat na hierdie woorde van My luister en dit nie doen nie, sal vergelyk word met 'n dwase man wat sy huis op die sand gebou het. En die reën het geval en die waterstrome het gekom en die winde het gewaai en teen daardie huis aangestorm en dit het geval, en sy val was groot.

Slide23

MATTHÉÜS 7:24‭-‬29 AFR53

En toe Jesus hierdie woorde geëindig het, was die skare verslae oor sy leer; want Hy het hulle geleer soos een wat gesag het, en nie soos die skrifgeleerdes nie.

Slide24

STORM BLOU

5. Maak Jesus die Kaptein van jou lewenskip in elke storm.

Slide25

HEBREWS 2:10

For it was an act worthy [of God] and fitting [to the divine nature] that He, for Whose sake and by Whom all things have their existence, in bringing many sons into glory, should make the Captain (Pioneer) of their salvation perfect through suffering.